GRONDBONE IN ‘N ANDER GEDAANTE

GRONDBONE IN ‘N ANDER GEDAANTE
500 g rou grondbone met rooi skilletjies aan
500 ml suiker asook ‘n ekstra handvol suiker
250 ml water
3 ml rooi groente/koekkleursel
Knippie sout

Meng 500 ml suiker en water in ‘n groot pan oor lae hitte en roer totdat al die suiker opgelos is. Verhoog die hitte en bring stroop tot kookpunt. Voeg kleursel en daarna die grondbone asook knippie sout by die suikerstroop en roer goed deur. Kook ongeveer 12 min. Roer af en toe sodat die grondbone egalig versprei bly. Drup ‘n teelepel vol stroop in ‘n glas koue water. As die stroop ‘n kraakgeluid maak en bros word, is die lank genoeg gekook. Verwyder pan van die hitte en roer met ‘n houtlepel totdat die stroop rondom die grondbone kristalliseer. Skep die grondbone op ‘n skikbord uit om af te koel. Strooi die handvol suiker oor asook ‘n klein bietjie sout. Bewaar in ‘n lugdigte houer.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans