GOUE VEER LEMOENPOEDING

veerpoeding in die mikrogolf rina veerpoeding in die mikrogolf 2veerpoeding in die mikrogolf 112715475_10208384691956400_7907754721357934808_ntested

GOUE VEER LEMOENPOEDING
STROOP
250 ml water
250 ml lemoensap
125 ml suiker
knippie sout
DEEG
125 ml suiker
80 ml margarien by kamertempertuur
1 eier
250 ml bruismeel
125 ml lemoensap
knippie sout

Gebruik ‘n mikrogolfvaste poedingbak met volume van 2 liter
Gooi stroop bestanddele daarin, meng en mikrogolf 5 tot 7 min by hoog (100% krag) tot kookpunt.
Meng suiker en margarien, voeg eier by en klits baie goed
Voeg bruismeel, lemoensap en sout by en meng goed
Skep deeg in kokende stroop en mikrogolf 6 min by medium hoog (90%).
Lewer 6 porsies-

Resep:  Elda Lombard
Foto’s en nota Rina Kleinhans:
Ek het die margarien met die helfte room vervang en kaneel oorgestooi nadat dit gaar was.  Bedien met lekker koue vla… regtig baie lekker en vinnig.
Foto 3 en nota Corinne Munro:
Ek het kaneel oorgestrooi en bessies en vla bygesit en sommer met gekoopte sjokolade sous versier.