GEURIGE WILDSBOUD
GEURIGE WILDSBOUD
HIERDIE EEN IS ABSOLUTE WENNER
1 GROOT WILDSBOUD
300 g varkspek in repe gesny (of bacon)
4 groot knoffelhuisies
Pitlose rosyntjies
Marinade:
250 ml Chateau Libertas
250 ml Kookolie
250 ml asyn
3 middelslag uie in ringe gesny
6 heel naeltjies ( 2ml fyn naeltjies)
5 ml suurlemoenpeper
20 ml koljander
5 ml bruin suiker
15 ml sout
25 ml fyn appelkooskonfyt
15 ml mielieblom
5 ml bruin sous poeier
Bietjie water
Meng marinade bestanddele deeglik en laat le die spek (bacon) daarin vir ‘n rukkie
Steek gate in die boud en stop die boud met die spek, rosyntjies en knoffel.
Plaas die boud in ‘n plastiek of glas houer met ‘n deksel en gooi die marinade oor, maak toe, sit in die yskas vir 3 dae terwyl jy dit gereeld omdraai en weer die uie bo-op pak.
Na 3 dae, haal boud uit marinade, smeer met appelkooskonfyt, plaas in swaarboom kastrol of ysterpot. Gooi marinade oor en prut vir ongeveer 3 ure tot goud bruin en gaar.
Draai gereeld om terwyl gaar maak. Indien te min vloeistof, kan 250ml water bygevoeg word.
Haal boud uit sous. Laat heeltemal afkoel, sny in skywe en plaas op opdienskottel.
Meng die mielieblom en souspoeier met bietjie water en gooi by die kookvloeistof in die kastrol om dit te verdik.
Kook goed deur, gooi oor die gesnyde vleis en bedien.
Indien jy die boud heel wil hou, pak geblikte pynappelringe bo-op nadat dit gaar is, en sit vir 15 min in die oond by 180°C, bedien dan die sous apart.
Beproef en voorwaar ‘n treffer.
Bron: Rina Kleinhans
Foto: Annelie van der Merwe-Kruger en Lisinda Blaauw



