GEROOKTE HOENDERSLAAI MET MOSTERDSOUS

GEROOKTE HOENDERSLAAI MET MOSTERDSOUS
(UITPAKSLAAI)
GENOEG VIR 6 MENSE
1 kropslaai, stukkies gebreek
1 groen soetrissie, repies gesny
1 bossie spring onions, gekerf
2 koppies gaar skroewe noedels
5 gerookte hoenderborsies, skyfies gesny
2 ringe Fetakaas (kruie smaak), stukkies gebreek
1 handvol rosyntjies
6 hard gekookte eiers, kwarte gesny
cocktail tamatietjies

Mosterdsous:
1 koppie lite mayonnaise
10 ml rooi of wit balsamiese asyn
1 teelepel suiker
15 ml wholegrain mosterd
15 ml water

Meng die sousbestanddele saam. Laat rukkie staan.
Gebruik ‘n groot platter (ovaal of rond) om die slaai op uit te pak. Blaarslaai eerste met slaai bestanddele bo-oor. Strooi die noedels oor en dan die skywe hoender en dan Fetakaas. Sprinkel rosyntjies oor en drup die sous oor. Pak die eier kwarte in ‘n mooi patroon bo-op en sprinkel gemenge kuie oor elke eiertjie. Pak klein tamatietjies tussin-in. Learn to Cook with Louise- good basics, good food!
Resep: Louise Groenewald