GEPIEKELDE KOMKOMMERS
GEPIEKELDE KOMKOMMERS
Maak sommer in ‘n groot bottel en hou in die yskas vir die vakansie.
Die komkommer moet minstens 3 dae staan voor jy dit voorsit.
2 komkommers, in sowat 5 mm-skywe gesny
750 ml wit druiweasyn
160 g (200 ml) suiker
3 lourierblare
sowat 8 peperkorrels
Pak komkommer-skywe in ‘n groot fles. Bring asyn, suiker, lourierblare en peperkorrels tot kookpunt. Roer so af en toe tot suiker opgelos is. Wanneer die asyn net begin kook, gooi oor
komkommer in bottels. Maak toe en laat afkoel. Jy sal sien die komkommerskil verkleur. Wanneer dit heeltemal afgekoel is, hou in yskas tot benodig.
Resep: Marie Rheeder Troskie

