GEBOTTELDE PASTASLAAI

gebottelde pasta slaaitested
GEBOTTELDE PASTASLAAI
500 g skroef pasta (gekleurdes lyk mooi)
4 teelepels sout
3 eetlepels kookolie

Maak pasta toe onder water, en kook tot sag, maar nie pap nie.
Spoel pasta met strainer af.Sous
1 kg tamaties in blokkies gesny
1 kg uie fyn gekap

2 soetrissies gekap in dobbersteentjies
300 ml kookolie
1 koppie wit asyn
2 koppies suiker

Kook sous bestanddele vir ongeveer 30 min tot uie sag is
Dreineer pasta en gooi by sous, kook deur.
Haal van stoof af
Roer 1 koppie mayonnaise by en roer goed deur
Bottel dadelik terwyl nog warm is.Foto:  Marietjie van der Merwe
Nota:  Ek het net die 300 ml olie in die resep verminder na 3 eetlepels en 1 eetlepel maizena bygevoeg om dikker sous te kry. Ek het ook net 100 ml mayonaise ipv 250ml bygevoeg.