ESMÉ SE RYS SLAAI
Ek het ‘n baie maklike en vinnige rys slaai met tuna wat ek met jule wil deel – baie lekker!
2 koppies gaar koue rys
1 – 2 blikkies tuna
½ midelslag komkommer, in blokkies gesny
1 groot tamatie, in blokkies gesny
1 kleinerige ui, redelik fyn gekap
1 avo, in blokkies gesny
½ koppie kaas, in blokkies gesny
klein bossie spriet uie, fyn gekap
± 1 koppie mayonnaise
70 ml – 100 ml sweet chillie sous
knippie sout

Gooi alles saam en meng. Geniet!
Resep:  Esmè Nel
Foto: Dominique Oosthuizen