ELSIE SE SWARTWOUDKOEK
Voeg droë bestanddele by suiker en eiermengsel. Voeg die warm mengsel by en meng goed. Moenie klits nie. Skep in voorbereide panne.
Bak 30-35 min by 180 ºC.
Stroop:
125 ml suiker
125 ml kersielikeur
die stroop van 1 blik swart kersies aangevul met water tot 250 ml
Verhit die suiker en die water en stroopmengsel oor matige hitte. Roer tot suiker opgelos is.
Kook 5 min en laat afkoel. Wanneer afgekoel voeg die likeur by.
Versiering:
125 g donker sjokolade
Maraschinokersies
sjokolade blaartjies
750 ml room styf geklop met bietjie suiker en ½ teelepele vanilla geursel.
Plaas die een deel van koek op die opdien bord. Prik met vurk en skep die helfte van die stroop oor. Smeer ‘n laag room op. Halveer die kersies en haal pitte uit as nie reeds ontpit. Pak bo-op room.
Sit laag room op kersies. Prik die ander helfte van koek en skep sous oor. Plaas op eerste laag. Versier met res van room maraschinokersies en sjokoladekrulle.
Ek neem groenteskiller en maak vir my sjokolade- krulle.
Resep en foto: Tim En Elsie Slabbert

