EKONOMIESE VRUGTEKOEK

EKONOMIESE VRUGTEKOEK
500 g droë vrugtekoekmengsel
250 ml sagte bruinsuiker
200 ml botter of margarien
375 ml water
10 ml koeksoda
500 ml koekmeel
5 ml gemengde speserye
Knippie sout
2 eiers
125 ml brandewyn
Bespuit ‘n 2.5 liter tuitpan, 23cm deursnee en 9cm diep met kleefwerende kossproei. Bedek die boom met ‘n sirkel waspapier met ‘n gat in die middel sodat dit plat in die pan lê.
Mikrogolf die droëvrugte, bruinsuiker, botter en water 10 minute oop in ‘n diep bak by 100% krag. Roer die mengsel af en toe. Roer die koeksoda by en laat afkoel.
Sif die meel, gemengde speserye en sout saam. Klits die eiers. Roer die meelmengsel by die vrugtemengsel en daarna die eiers. Meng goed.
Skep die beslag in die tuitpan en maak bo-op gelyk. Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond. Bedek lossies met ‘n vel waspapier. Mikrogolf die beslag vir 20 minute by 70% krag.
Verwyder die vel waspapier en giet die brandewyn oor die warm koek. Laat dit in die pan afkoel. Keer uit op ‘n vel waspapier op ‘n draadrak en trek die sirkel waspapier versigtig af.
Resep geplaas deur Suneth van Rensburg