EENVOUDIGE MACARONI EN KAAS
EENVOUDIGE MACARONI EN KAAS
1 liter melk
1 koppie macaronistukkies (sal meer insit)
15 ml margarien of botter
2 koppie gerasperde cheddarkaas
15 ml maizena
10 ml mosterdpoeier
5 ml sout
knippie peper
4 eiers
Verhit oond 160°C. Kook melk, macaroni en botter in ‘n groot kastrol oor matige hitte tot macaroni sag is. Roer gereeld dat dit nie oorkook. Sit bietjie van die kaas eenkant om bo-op te sit. Voeg die maizina, mosterdpoeier, sout en peper en die res van die kaas by en meng liggies. Klits die eiers effens en voeg dit ook by die kaasmengsel. Meng die kaas en macaronimengsel. Giet in ‘n oondvaste bak met volume van 1,25 lt. Strooi die kaas wat opsygesit is bo-oor. Bak ongeveer uur lank tot goudbruin en gaar.
Resep: Rynette van Vuuren

