DIE LEKKER MURGPAMPOENTJIE TERT

DIE LEKKER MURGPAMPOENTJIE TERT
1 pakkie murgpampoentjies, opgesny in skyfies
suiker na smaak (opsioneel)
1 pakkie wit uiesoppoeier
500 g botterskorsie in blokkies gesny
1 pak sampioene, opgesny
1 houertjie room
Plaas die murgpampoentjies in ‘n oondbak en stooi ‘n bietjie suiker (opsioneel) bo-oor.
Sprinkel ‘n derde van die pakkie soppoeier oor die murgpampoentjies. Plaas die botterskorsieblokkies op die murgpampoentjies. Strooi weer ‘n derde van die soppoeier oor die botterskorsie. Plaas die sampioene bo-op die botterskorsie en sprinkel die laaste derde van die soppoeier oor die sampioene. Giet die room bo-oor.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 60 minute.
Resep: Marisa Olivier