COCKTAIL FRIKKADELLETJIES

COCKTAIL FRIKKADELLETJIES
Geplaas deur Heiner Lange Uit ‘Afrikanerkos’
FOOD LOVERS RECIPES
2 eiers
250 ml vars broodkrummels
1 ml peper
400 g gemaalde beesvleis
125 g gerasperde mozzarellakaas
125 ml water
5 ml sout
1 knoffelhuisie, gekap
100 g varkmaalvleis
olie vir diepbraai

Klits die eiers en water saam.
Voeg die krummels, sout, peper en knoffel by en meng dit goed.
Laat staan dit vir 5 minute.
Voeg die vleis en kaas by en meng alles goed saam.
Vorm klein frikkadelletjies en braai in warm olie tot bruin en gaar.