

BRAND RISSIESOUS
Hierdie rissiesous het ‘n lekker brandsmakie.
Daar is baie verwerkings van hierdie rissiesous maar die een is die beste, glo my!
100 g brandrissies (groen), stingels verwyder en gewas
4 groot uie, geskil en gekap
1 knoffelbol, geskil
750 ml tamatiesous(goeie maak)
1 groot blik appelkoos konfyt
¼ koppie kookolie
1 koppie bruinasyn
2 teelepels rissiepoeier
2 teelepels gemengde speserye
2 eetlepels mosterdpoeier
2 desertlepel sout (12.5 ml)
2 desertlepel gemmerpoeier. (ek het ‘n 40 mm stuk vars gemmer gerasper)
Kap/maal/verwerk al die groente tot ‘n puree.
Plaas al die bestanddele in ‘n pot en bring tot kookpunt.
Kook tot gaar en dik.
Giet in gesteriliseerde vlesse en verseël.
NB: STAMP BOTTELS VOOR JY DIT VERSEëL OM LUGBLASIES TE VERWYDER.
EK HET DIT NIE GEDOEN NIE EN MOES DIT OOR BOTTEL SOOS JULLE OP DIE FOTO KAN SIEN!
Resep met dank aan Bettie van Deventer
Foto: Piet Pompies