BLOMKOOLPAKKIES MET KERRIESOUS

BLOMKOOLPAKKIES MET KERRIESOUS
Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter
FOOD LOVERS RECIPES
500 g blomkool rosies, vinnig opgekook vir 5 minute, gedreineer
Deeg:
1 eier
200 ml melk
3 ml bakpoeier
10 ml gesmelte botter
250 ml koekmeel

Meng die deeg bestanddele saam tot ‘n gladde deeg.
Doop die blomkoolrosies in die deeg en braai die rosies in warm olie tot ligbruin van kleur.
Dreineer die blomkoolrosies op kombuispapier.
Kerriesous:
10 g botter
5 ml kerriepoeier
175 ml melk
1 ui
2 ml komyn
25 ml room

Smelt doe botter in ‘n pan op die stoof en braai ui die uie daarin.
Voeg die meel, kerriepoeier en komyn by die ui en roer  die melk by.
Voeg laaste die room en gekapte koljanderblare by.
Bedien saam met die blomkoolrosies.