APPELKOOS GLANS HOENDER

MIKROGOLFOOND

APPELKOOS GLANS HOENDER
(4-6 PORSIES)

Heel hoender ongeveer 1.5 kg
5 ml appekooskonfyt
sout
bietjie paprika
bietjie hoenderspeserye
sousmengsel
swartpeper
witpeper
5 ml botter

Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10 sekonders op hoog tot sag en smeer oor hoender. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8 min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3 min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2 min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22 min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20 min staan voor dit gesny en bedien word.

Wenk: Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof

Sousmengsel: http://www.foodloversrecipes.com/2013/05/bere-sousmengsel/#more-4664