3 in 1 PERI-PERISOUS

periperi1_550tested

3 in 1 PERI-PERISOUS
500 g vars rooi rissies
500 ml goeie olyfolie
250 ml vars suurlemoen sap
2 eetlepels sout
1 heel knoffelbol, geskil en kleiner gekap

Droog die rissies 4 dae lank in die son op ‘n bakplaat.
Was rissies onder lopende water en verwyder stingels.
Maak goed droog met handdoek papier en droog verder in die oondteen 70 g tot rissies geen water op het nie.
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot ‘n pasta.
Bottel in gesteriliseerde bottels.
Nie nodig om in die yskas te bere nie.

HIERDIE PASTA IS DIE BASIS VIR DIE VOLGENDE SOUSE.
Peri-Peri sous vir seekos/ hoender.(Links op die foto)
200 ml margarien.(jy kan botter ook gebruik maar dit maak hom baie ryk).
50 ml kookolie.
60 ml vars suurlemoen sap.
1 teelepel vis speserye.(of na smaak).
3 knoffelhuisies,gekap.(of na smaak).
6 teelepels Peri-Peri konsentraat.(gooi bietjie en proe eers)
Rooi voedselkleursel tot die regte kleur verkry is.

Meng alles in ‘n mikrovaste beker en kook vir 2 min.
Verwerk met ‘n stickblender tot glad en goed deurgemeng.
Bedien dadelik saam vis of garnale.
Vir hoender- vervang vis speserye met hoender speserye en 1/2 teelepel salie.

PERI-PERI TAFELSOUS
250 ml kookolie
125 ml suurlemoensap
1 teelepel komynpoeier
1 eetlepel paprika
2 teelepels sout
4 teelepel Peri-Peri konsentraat.(of na smaak)
Rooi voedsel kleursel

Meng alles in ‘n beker.
Verwerk met ‘n stickblender tot glad.
Proe en pas aan na jou smaak.
Bottel en bere in die yskas.
Baie lekker oor aartapel skyfies en biefstuk.

Bron: Piet Pompies