WIT EN BRUIN BROOD

WIT EN BRUIN BROOD
Die probleem is ek kan my Panosonic broodmasjien resepte vir jou stuur, maar die houers van elke masjien verskil. Soos op my resepteboek was ‘n sticker geplak in SA moet net helfte van suurdeeg gebruik word soos aangedui in resep.

Net onthou by bruinbrood moet so eetlepel koekmeel bygevoeg word vir gluten, ek gebruik by bruinbrood Molasse (koop by gesondheidswinkel – Vital s’n) die brood hou baie langer dan en het heerlike smaak ipv treacle suiker.

My pan bak medium, large en extra large, medium is meel 350g, large 450g en xlarge is 600g.
Ek bak gewoonlik large grootte en bruinbrood soos volg:

1 ½ teelepel suurdeeg, (ek gebruik Anchor die pers pakkie kitssuurdeeg)
450g bruin broodmeel + 2 eetlepels koekmeel (gluten om te rys)
1 eetlepel molasse of treacle/bruinsuiker)
2 eetlepels melkpoeier
2 eetlepels botter
1 teelepel sout
340 ml water(ek gebruik louwater, nooit kraanwater temp)
Onthou net die bruin brood rys nie baie hoog.
Maar as jy maak helfte wit broodmeel en helfte bruinmeel rys brood meer (sit dan nogtans 2 eetlepels koekmeel by- koekmeel is verfyn en gee gluten in deeg) dan is molassa belangrik- maak jou brood meer bruin.
Ek gooi bestanddele in soos resep, suurdeeg onder en dan res en laaste as jy amper masjien aansit die water.
Wit brood dieselfde resep, behalwe gebruik dan witbroodmeel, en 1 eetlepel witsuiker, en 320ml water dan. (weet nie hoekom 20 ml minder, seker iets met tipe meel te doen)
En altyd maar altyd die 2 eetlepels koekmeel by.
Het al met koekmeel ook brood gebak, baie mooi brood, spierwit en is amper soos melkbrood dan.
Ek het my broodmasjisen al 5 jaar, hy was nou duurder as die ander, maar baie oulik met saadhouertjie bo-in en gooi self die saad by deeg voor die laaste meng dat saadtjies nie stukkend gemeng word nie.
Resep: Rynette van Vuuren
Foto:  Dalene Brits