WENKE VAN DIE HUIS

muffin -dries
WENKE VAN DIE HUIS
As jy eiers moet afmeet, klits dit eers liggies.
Gebruik eierwitskuim dadelik sodat die selletjies nie breek en dit minder elasties raak nie.
Panne: Deeg in ‘n donker metaalpan met ‘n dowwe oppervlak sal vinniger bak as in ‘n blink metaalpan, terwyl dit die stadigste in ‘n glasbak sal bak.
Is jou skons swaar en plat? Jy’t waarskynlik die deeg te veel bewerk of die oond was nie warm genoeg nie.
As jou koek ‘n punt vorm wanneer dit rys, is die mengsel te veel geklits, die beslag was te styf, die oond te warm of die koekpan te diep.
Plasing: Marie Rheeder Troskie