VRUGTE PAVLOVA MET ‘N GEMMER LEMMETJIE STROOP


Meringue:
Klits die eierwitte saam met ‘n knypie sout.
Voeg 80 g strooi suiker by en klits vir 3 minute.
Gooi die ander 80 g by en klits vir 5 minute.
Vou dan die mielieblom en witwynasyn in.
Skep die meringue-mengsel op gesmeerde en gevoerde bakplaat – 1 groot sirkel of ‘n paar individuele kleintjies.
Bak vir sowat 1 uur teen 140 °C, verlaag die hitte tot 100°C en bak dit tot bros.
Stroop:
Verhit die gouestroop, vars gemmer en die skil (zest) van die lemmetjie vir ‘n minuut.
Laat dit heeltemal afkoel.
Skep die gemmer uit.
Vul die meringue/s met geklopte room en ‘n mengsel van stukkies kiwi-vrug, winterspanspek en groen druiwe.
Drup van die gemmer-lemmetjiestroop bo-oor.
Versier met kruisement takkie.
Plasing: Rene Truter Wessels