VLA TERT

suurlemoen vlaterttested2016-01-09-kondensmelksuurlemoenvlatert

VLA TERT
750 ml melk
125 ml vlapoeier
75 ml suiker (of na smaak maar nie te soet nie)
1 pak tennisbeskuitjies
1 blik kondensmelk
45 ml suurlemoensap

Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Laat effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n reghoekige bak. Giet die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en giet die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat goed afkoel.
Fotos: Marie Rheeder Troskie en Madelyn Heyns