VINNIGE “FANCY” BROOD


VINNIGE “FANCY” BROOD
Lyk pragtig en is altyd ‘n wenner.
1 witbrooddeeg
1 bruinbrooddeeg
appelkooskonfyt
Cheddarkaas gerasper
Marmite of Bovril na eie keuse
Koop witbrood- en bruinbrooddeeg by jou naaste supermark.
Rol die witbrooddeeg uit met ‘n koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak, smeer appelkooskonfyt oor die deeg, sprinkel gerasperde kaas oor die konfyt en rol die gevulde deeg op soos ‘n rolkoek.
Rol die bruinbrooddeeg uit met die koekroller op ‘n meelbestrooide oppervlak, smeer Marmite of Bovril oor die deeg, sprinkel gerasperde kaas oor en rol die gevulde deeg ook op soos die vorige een.
Plaas die 2 deegrolle langs mekaar en vleg dit saam.
Plaas die gevlegde deeg op ‘n gesmeerde bakplaat en bak dit in ‘n voorverhitte oond teen 180ÂșC vir ongeveer 1 uur.
Resep: Marietjie Stemmet