TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER


TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER
1 rooi soetrissie, verwyder beide se pitte
3 afgeskilde uie
1 engelse komkommer
6 medium wortels
750 ml wit asyn
750 ml mayonnaise
12.5 ml suiker
sout en peper
Rasper wortels fyn, kap rissie, uie en komkommer fyn, gooi asyn oor en bere in lugdigte bak vir 24 uur.
Dreineer baie goed, roer mayonnaise, suiker, sout en peper deur. bottle en hou in yskas.
Dis regtig baie lekker, ek het ook variasies hierop uitgewerk;
Gebruik tuisgemaaakte of laevet mayonnaise.
Voeg rooipeper by vir ‘n warm smeer. vir meer delikate geur, rasper 2 granny-smith appels by.
Gooi mosterdpoeier by indien jy van die geur hou.
Vir heerlik tamatiesmeer voeg 2 pakkies tamatiepuree by boonste resep!
Vir eksotiese geur voeg fyn pynappel by en vir verrassende pienk smeer, rasper 2 gaar beete by! ENJOY!
Resep: Floraine Wasserman Venter