THAI GROEN KERRIEPASTA

THAI GROEN KERRIEPASTA
3 groen soetrissies ontpit en gesny
3 salotte of klein ui
3 knoffelhuisies gehalveer
¼ koppie vars koljanderblare gekap
2 stokkies suurlemoengras gekneus en gekap
150 ml olie
2 eetlepels water
½ teelepel shrimp pasta (Onthou dit ruik nie lekker nie te koop by
chinese koswinkels, of WW)
1 teelepel fyn komyn
sout
1 eetlepel suiker
1 eetlepel koljander saad
1 eetlepel gerasperde lemmetjie skil
Meng alles in ‘n voedselverwerker of stamp tot fyn in vysel. Bêre in yskas en gebruik soos nodig. Verkrygbaar in botteltjies of pakkies in supermarkte, maar dit is rerig nie dieselfde nie.
Resep:  Martie Fourie Moolman