THAI FRIKKIES

thai frikkies Martietested
THAI FRIKKIES
Bron: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
250 g bees maalvleis
250 g vark maalvleis
1 eetlepel gekapte knoffel
4 spriet uie, gekap
1 stukkie vars gemmer, gerasper
2 eetlepels rooi kerrie pasta (koop dit klaar deesdae by ‘n Supermark)
1 eetlepel gekapte vars koljander
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel vis sous (Te kry by Supermark) Dit hou lank in die yskas.
1 eetlepel palm suiker (of bruin suiker)
swart peper.

Maak klein frikkies en braai in bietjie olie tot gaar.

GRONDBOONTJIE SOUS:
1 eetlepel olie
1 eetlepel rooi kerrie pasta
2 eetlepels crunchy grondboontjiebotter
1 eetlepel palm suiker (of bruin suiker)
1 eetlepel suurlemoensap
1 koppie klappermelk

Verhit olie, voeg kerriepasta by roerbraai 1 min.
Voeg res van bestanddele by en kook tot sous dik is.
Bedien saam frikkies en Phad Thai.