STAP VIR STAP VETKOEK


STAP VIR STAP VETKOEK
TE LEKKER EN ERGE MAKLIK
1 kg koekmeel
1 pakkie kits gis
so 1 liter lou water jou pols moet nie brand nie
anders brand die yeast dood
sout na smaak ek sit so 3 gelyke teelepel se sout in dan het dit nie daai vars smaak nie.
botter om mee te knie .. o ja so shooterglasie met kookolie innie water.
Reg nou plaas jy die meel in ‘n mengbak en meng die sout in die meel in, maak gat in die middel en sprinkel die gis daarin.
Mengdie olie in die water in en roer, giet ongeveer ¾ van die water in die middel van die meel oor die gis en roer met houtlepel tot deeg amper alles nat is.
Daar moet nog droogheid wees, as te veel meel nog droog is sit nog bietjie water by maar nie te veel nie.
Maak die lepel skoon in die deeg en smeer nou so teelepel botter aan jou hande en begin knie. Al is dit sticky haal die deeg van jou vingers af
en was jou hande nou skoon, droog goed af. Smeer weer botter en knie verder jy moet die droë meel lekker inmeng.
Jy weet mos van knie of hoe? Knie nou voort met bietjie botter op ‘n slag tot die deeg nie meer aan jou hande vassit nie, en die deeg moet lekker slap wees, glad nie styf nie. Sit die deeg in ‘n bak waarin dit kan rys tot so dubbel die hoeveelheid.
Ek vat altyd ‘n skoon nuwe binbag en sit die bak met deeg daarin . Los op lekker warm plek vir so 30 tot 40 minute om te rys.
Jy sal sommer sien die deeg is dubbel en lekker gerys. soms sit ek dit so in die son onder die boomblare, dan rys dit ook lekker, nie direkte son nie dan brand die gis.
Na dit gerys het dan knie jy dit weer af met so 2 teelepels botter en maak bolletjies. Ek maak sommer die deeg soos beskuit bolletjies dan is almal ewe groot.
Sny jou sak oop en sit dit op ‘n tafel of blad vou oop en smeer die binnekant met bietjie olie sit die bolletjies daarop neer en los so 2o minute om te rys, maar vou die anner helfte van die sak oor terwyl dit nou so rys. Na so 10 minute sit jou pot olie op die stoof, maar dit moet nuwe olie wees
anners proe die vetkoek na die kos wat eers daarin gemaak is. Teen die tyd dat die olie warm is dan begin bak jy by die eerste bolletjies wat jy gemaak het.
Druk die bolletjies effens plat met jou hand, nie “flat”nie, eish net liggies plat.
Sit in die warm olie en bak dit en sit die eerste half minuut die deksel op, dan pof dit goed. Draai dit om en bak lekker as jy toothpick insteek en kom skoon uit is dit gaar.
Dit gaan redelik gou geniet
Plasing: Rolene van Loggerenberg