1

SNOWBALLS-ROOI KOEK

tested

SNOWBALLS-ROOI KOEK
ongeveer 36 happies
Sponskoek
3 eiers
250 ml (1 koppie) melk
250 ml (1 koppie) strooisuiker
75 ml (5 eetlepels) olie
500 ml (2 koppies) koekmeel
15 ml (3 teelepels) bakpoeier
knypie sout
5 ml vanielje
Afronding
450 g ( 1 blikkie ) fyn appelkooskonfyt
5 ml rooi voedselkleursel
750 ml ( 3 koppies ) klapper
Stel oond op 180ÂșC

SPONSKOEK: Klits eiers en suiker tot goed gemeng.
Verhit melk tot louwarm en roer olie daarby.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg melkmengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel en meng goed.
Roer vanielje by.
Bak in vlak, gesmeerde kolwyntjiepannetjies vir 12 tot 15 min.
Keer uit en laat afkoel.
AFRONDING: Verhit appelkooskonfyt tot warm en dun. Voeg kleursel by en meng goed.
Dompel kolwyntjies daarin en rol dadelik in klapper.
WENK: Bietjie kookwater kan by konfyt gevoeg word om dit dunner te maak.
Plasing: Sharon Viljoen