SMEERKORS-MELKTERT
Klop botter en suiker tot romerig.
Roer eiers een vir een by.
Sif meel, bakpoeier en sout by, meng deeglik.
Skep en smeer in 2 tertpanne.
Vulsel:
3 koppie melk plus 1 blik caramel treat
300 ml suiker (ek het net 150 ml suiker gebruik)
50 ml koekmeel
125 g botter
50 ml maizena
4 eiers, geskei
Knippie sout
2 ml vanilla
fyn kaneel
Hou bietjie van melk eenkant en verhit die res tot kookpunt. (Ek het die melk en caramel treat eers stadig laat opwarm en dit eers goed geklits)
Meng meel, maizena, sout en suiker met melk wat uitgehou is.
Roer in kookmelk. Wanneer prut, voeg botter en eiergele by.
Klits eierwitte styf en vou saam met geursel in pap.
Skep in korse, strooi kaneel oor en bak by 190°C vir 20 minute.
Nota – Die smeerkors word nie vooraf gebak nie. Dit word saam met die vulsel gebak

