SJOKOLADE PEPERMENT POEDING
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ‘n medium oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam. Roer sjokolade by. Verroom botter en bruinsuiker baie goed en klits eier en melk by.
Voeg meelmengsel by en meng goed deur met ‘n lepel.
Giet in voorbereide diep oondbak.
Verhit al die bestanddele vir sous saam tot kookpunt. Roer tot suiker gesmelt is.
Giet kokende stroop oor beslag oor die agterkant van ‘n groot lepel sodat dit mooi bo-op die deeg lê en bak 30 minute lank of tot die deeg gaar toets.
Laat effens afkoel voor bedien.
Geniet dit saam met roomys, room of vla.
Nota:
Ek maak die sous bubbel aan, dan is daar genoeg, maak net seker jou bak is diep genoeg.
Hierdie poeding is koud net so lekker soos warm, maar regtig baie soet… geniet hom.
Resep en foto: Rina Kleinhans

