SAMPIOEN EN HAM QUICHE
Kors:
Plaas meel, hawermout, parmesaan en sout in ‘n voedselverwerker en meng tot fyn. Voeg margarien by en pols tot mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en pols tot ‘n sagte deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Spuit ‘n vlak 30 cm-quiche-pan goed met kleefwerende kossproei en druk die deeg egalig daarin uit. Verkoel vir 10 minute.
Vla:
Klits al die bestanddele saam en laat eenkant staan tot benodig.
Vulsel:
Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg ham by. Verwyder van hitte en geur met mosterd, sout en peper. Laat afkoel. Skep afgekoelde sampioenmengsel in bereide tertkors. Strooi gruyere oor en plaas quiche-pan in oond. Giet die vla versigtig in die oond oor die quiche (indien die vla buite die oond ingegooi word, kan die vla uitloop wanneer jy die pan beweeg). Bak vir 30 minute, tot quiche ligbruin en gestol is. Haal uit oond, sprinkel parmesaankaas oor en plaas terug in oond tot die kaas gesmelt is.
** dit is die oorspronklike resep, maar as jy nie alles in die koskas/yskas het pas jy aan.
Spek ipv ham
Gewone vars knoppie sampioene
Cheddar ipv gruyere
Foto: Rene Turter Wessels
2de Foto: Rina Kleinhans – ek het geen vleis ingesit nie en 2 bossie spinasie gestoom, al die water uitgedruk en by die mengsel ingesit, ek het dan ook Feta kaas in gekrummel en parmasan en cheddar kaas bo-oor gerasper.


