RYK KARAMELSOUS
RYK KARAMELSOUS
2 eetlepels botter
1 koppie melk
1 koppie suiker
1 teelepel vanieljegeursel
2 eiers
Smelt die suiker en die botter in n pan oor stadige hitte. Roer aanhoudend en laat dit mooi bruin braai.
Klits die eiers en voeg die melk by.
Roer die melk en eier stadig by die suikermengsel.
Dit vorm n harde tameletjie, maar hou aan met roer tot dit gesmelt is.
Haal van die vuur af en voeg die geursel by.
Geplaas deur Marie Rheeder Troskie

