RINA SE BROCCOLI- EN AVOKADOSLAAI


RINA SE BROCCOLI- EN AVOKADOSLAAI
Resep en foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
(baie baie lekker)
2 koppies gesnipperde broccoli
1 koppie gesnipperde rooi ui (wit ui werk ook)
½ koppie pitlose rosyne
½ koppie okkerneute
1 avokado
Meng bostaande bestanddele saam en giet volgende sous oor:
SOUS:
2 eetlepels rooi wyn asyn of druiwe asyn
¾ koppie mayonnaise
½ koppie suiker
Meng baie goed.
Genoeg vir 6 mense.
Bosbessies (Cranberry) kan bygesit word vir mooi kleur.