PORK BELLY ROL


PORK BELLY ROL
Geur die pork belly met sout, varsgemaalde swartpeper en hoenderspeserye…
Smeer nou ‘n basting van jou keuse oor die hele belly en begin dan die volgende pak op die vleis:
Gekapte pruimedante, appelskywe, gekapte knoffel, uie, vars gemmer en sommer genoeg gekapte sampioene.
Rol die belly toe en maak seker jy het die vel/vet kant in blokkies gesny en gegeur met sout, varsgemaalde swartpeper en hoenderspeserye…
Steek vas met sosatiestokkies en dan bak jy die outjie teen 160ºC vir ten minste 2.5 ure in die oond.
Ek los myne gewoonlik op 120ºC in die oond as ek gaan lê en haal hom die volgende oggend vroeg uit
Druk terug in die oond en roosterl teen 180ºC voor jy wil opdien. Sny in skywe en bedien met gebakte butternut, kapok aartappels en gebakte blomkool
Bron: Michael Coetzee