PHAD THAI


PHAD THAI
Eier noodle nessies. Kook 6 tot 8 min. Dreineer.
2 eetlepels olie en 2 eetlepels soya sous om te bedek. Hou eenkant.
2 eiers geklits
2 eetlepels soysous
2 eetlepels soet rissiesous
1 eetlepel sesame olie
2 knoffelhuisies fyn
1 stukkie vars gemmer gerasper
4 spruit uie gekap
1 rooi soetrissie in repies
paar sampioene in snytjies
1 wortel in dun repies
125 g groen boontjies in stukkies
handvol baba spinasie of bock choy gekap
2 eetlepels gekapte vars koljanderblare


Klits soy, rissiesous, seseme olie en eiers. Hou eenkant.
Verhit bietjie olie in wok. Voeg uie, knoffel, gemmer in en roerbraai so 2 min.
Voeg ander groente by en roerbraai nog vir so 3 min. Voeg noedels by, roerbraai nog so 2 min. Voeg eiermengsel by en roerbraai 1 min. Bedien dadelik

Foto:  Martie Fourie Moolman