PERI-PERI PLATHOENDER


PERI-PERI PLATHOENDER
1 hoender, oopgevlek aan die borskant
Marinade:
15 ml (1 eetlepel) growwe sout
3 knoffelhuisies, gekap
2 lourierblare, fyn gebreek
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 eetlepels) olyfolie
15 ml (1 eetlepel) peri-perisous
15 ml (1 eetlepel) Olof Bergh Solera Brandewyn

Bedruipsous:
1 suurlemoen se sap
45 ml (3 eetlepels) botter, gesmelt
10 ml (2 teelepels) peri-perisous

Maak addisionele snitte met ‘n mes in die hoenderboude en – dye sodat die marinade deeglik.
Vryf die marinade met die hand deeglik in en plaas die hoender ten minste 3 uur lank in die yskas.
Braai die hoender 1 uur lank op ‘n hoogte van 30 cm oor stadige kole. Draai dit gereeld.
Meng die bestanddele vir die bedruipsous deeglik.
Verwyder die hoender van die kole en bedruip dit deeglik met ‘n kwas aan beide kante voor bediening.
Resep geplaas geur Marie Rheeder Troskie