OUMA THERON SE SAGOPOEDING

sagopoeding moedersdag

OUMA THERON SE SAGOPOEDING
Plasing: Marcel-Rounel
Foto:  Rina Kleinhans
500 ml melk
60 ml sago
2 eiers
5 ml vanilla geursel
60 ml suiker
2 ml sout
appelkooskonfyt

Week sago tenminste 2 uur lank in die melk (oornag is beter).
Bring tot kookpunt in die mikrogolfoond –  op hoog  en roer elke 3 – 5 minute.
Meng eiergele, geursel, sout en die helfte van die suiker.
Roer dit geleidelik by die warm mengsel in en mikrogolf verder totdat dit net begin verdik.
Moet dit nie te lank mikrogolf nie, anders sal dit skif. Dit moet nog slapperig wees.
Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste bak.
Skep teelepelsvol konfyt in die mengsel.
Klop eierwitte totdat dit sagte punte vorm en klop die res van die suiker geleidelik by.
Smeer meringue oor en bak teen 180ºC totdat die meringue liggies verbruin het.