1

OAT BRAN EN ROSYNTJIE BESKUIT

diane se beskuittested

OAT BRAN EN ROSYNTJIE BESKUIT
1 kg bruismeel
1 boks Jungle Oats Bran
2 koppies suiker
500 ml karringmelk (500 ml melk + 3 eetlepels  wit asyn)
250 g koekmeel
125 g rosyntjies
3 eiers
500 g Storke Bake
1 eetlepel bakpoeier
sout

Smelt margarien en suiker in mikrogolf. Hoog vir 1 minuut of tot gesmelt en roer goed.
Meng meel, oat bran, bakpoeier en sout.
Klits eiers en melk saam.
Giet melkmengsel by suiker en margarine en roer goed.
Voeg meel by en maak aan tot ‘n sagte deeg.
Bak ongeveer 1 uur by 180ºC.
Laat afkoel en sny beskuitvingers soos verlang.
Resep geplaas deur Diane Roode Hancox
Foto: Diane Roode Hancox.