1

MIELIEPAP BOLLE

mieliepap balle Jorina

MIELIEPAP BOLLE
vir Braaivleis
Maak lekker stywe mieliepap, laat effens afkoel, rol bolle so groot soos frikkadelle, pak in oond skottel.
Braai ui, tamatie, sampioen en spek saam.

Maak lekker groot gat in elke bal met jou duim en skep die mengsel daarin.
Gooi een houertjie room bo-oor en sommer genoeg gerasperde kaas, en bak in die oond, 180ÂșC vir so ongeveer ‘n uur.
Maak seker die room gaan tussen die balle in.
As jy baie balle maak gebruik meer room, alles gebruik mens na gelang van die hoeveelheid balle jy gaan maak.
Bedien warm.

VARIASIE
Kan ook suikermielies in die mieliepap gooi vir variasie
Jy kan ook drie kleure peppers insit en die room meng met potato bake –
Rina Kleinhans – eie resep
Foto: Jorina Claassen