MEESTERLIKE HERTZOGGIES
Bolaag
3 ekstra groot eierwitte
300 ml witsuiker
500 ml klapper
Berei die holtes van 2 kolwyntjie panne voor.
Klits die droe bestandele vinnig in ‘n voedselverwerker en voeg die botter by.
Klits tot krummelrig. Klits die eiergele en die water saam en voeg by.
Klits tot klam krummels vorm wat begin bind en ‘n bol wil maak.
Voeg ‘n paar druppels yswater by indien dit te styf is.
Druk die deeg bymekaar in ‘n bol, maak toe in kleefplastiek en bere in die yskas vir tenminste 1 uur.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Rol die deeg lekker dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk groot genoeg sirkels uit om die pannetjie se holte vol te maak (ongeveer 8cm)
Plaas die deegsirkels in die pannetjieholtes. Skep ‘n teelepel vol konfyt in die doppie en sit die panne in die yskas terwyl jy die bolaag meng.
Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die suiker lepel vir lepel by terwyl jy die heeltyd klits.
Haal uit die menger, vou die klapper met ‘n lepel in die eierwitte ni en skep mengsel bo-op die doppies, lekker hoog vol.
Maak seker die bolaag bedek die konfyt anders kook die konfyt uit.
Bak 15min tot die bo laag lekker goudbruin is. Laat op ‘n draadrak afkoel tot kamer temperatuur en bere in ‘n lugdigte houer.
Die geheim hier is om jou deeg die hele tyd koud te hou dan is die tertjies perfek
Lewer 24 Hertzoggies


