MANGO CHUTNEY-BLATJANG

MANGO CHUTNEY-BLATJANG
Gooi alles saam in konfytkastrol:
4 half ryp mangos, grof gekap
2 groot uie, gekap
190 ml soetwyn
1 koppie sultanas
2 teelepels vars gerasperde gemmer
2 klein brandrissies, gekap
2½ koppie suiker
3 koppies asyn
1 teelepel sout
1 blikkie fyn pynappel

Kook alles saam, so,1 en halwe ure tot dik.
Roer van tyd tot tyd en pasop vir aanbrand, veral na die end se kant toe.
Skep in gesteriliseerde bottels en merk.