MALVAPOEDING IN ‘N SILICON PAN

MALVAPOEDING MARIANtested

MALVAPOEDING
Marcel-Rounel Siecker – Esmari Smit-Rounel
Foto:  Marian van Deventer
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies bruismeel
¾ koppie suiker
1 koppie koekmeel
3 eetlepel asyn
2 eetlepel fyn appelkooskonfyt
2 ½ teelepel koeksoda
2 eiers opgelos in
± 1 ½ koppies melk
2 ml sout

Klits eiers tot lig en skuimerig.
Klits die suiker geleidelik by tot lig en sponsagtig
Voeg asyn en appelkooskonfyt by en klits deur.
Vou die gesifte droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel met die melkmengsel
Voeg nog melk by indien nodig ( dikte van botterkoekmengsel)
Bak vir 35 min by 180ºC.

STROOP
Kook die volgende stroop
1 ½ koppies suiker
2 koppies melk
1 koppie kokende water
125 g margarien
2 teelepels vanilla geursel
½ sout

Giet die kokende stroop oor malvapoeding as uit oond kom..stroop mag baie voorkom, maar top op soos nodig of bere bietjie soos jy opdien nog oor te skep.

Nota van Marian
Ek het dit in die silicoon pannetjies gemaak en dit in ‘n ander bak met water gesit en toe gebak. Dis hoekom dit so lig uitgekom het en ja dit het maklik uit die pannetjie gekom.
Malvapoeding in vorm gebak met stukkies lemoen in middel en skokolade sous oor, giet eers die stroop van die resep oor en nadat dit bietjie afgekoel het, giet ‘n sjokolade ganache oor.