LEKKERSTE SJOKOLADE MOUSSE OOIT

tested

 LEKKERSTE SJOKOLADE MOUSSE OOIT
3 x witsjokolade blokke (100 gr elk)
3 x Albany donker sjokolade (100 gr elk)
4 x Whole Nut sjokolade (100 gr elk)
750 ml room (klits styf)
8 eiers geskei
100 gr Peppermint Crisp krulle

Smelt by 70% krag in jou mikrogolf die sjokolade (ongeveer 3 minute)
Laat effe afkoel
Voeg die eiergele en die helfte van die room by
Klits die eierwitte tot stywe punt vorm. Roer die helfte by die room en sjokolade mengsel
Meng goed deur
Voeg die res van die eierwitte ook by en meng deur
Verdeel in 12 glase of in een groot bak
Skep die styfgeklopte room bo-op
Garneer met die Peppermint Crisp Krulle (jy kan ook bietjie fyn op rasper)
Sit in die yskas om te stol!
Bron: My ma se resep
Plasing: Henriette Wessels