JOEY SE SOUTTERTJIES

mini-savory-tartstested
JOEY SE SOUTTERTJIES
DEEG:
Vryf saam in:
625 g margarien
6 koppies koekmeel
½ teelepel kremetart
1 ½ teelepel sout
Klits saam en voeg by:
3 eiergele
60 ml witasyn
¾ koppie yswater
Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ± 6 ure.
Deeg moet yskoud wees.
Rol uit.

VULSEL:
37,5 ml koekmeel
30 ml margarien
750 ml melk
sout
4 eiers
375 g blik weense worsies, gesny
12,5 ml ui, gerasper
750 ml kaas, grof gerasper
knippie rooipeper
2 ml mosterdpoeier

Maak witsous van eerste 4 bestanddele.
Klits eiers en voeg by.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Skep in rou korsies in kolwyntjiepanne
Bak by 180°C tot ligbruin.

Resep en foto: Joey Pienaar