HEERLIKE WITBROOD

broodmasjien

HEERLIKE WITBROOD
Ek het die basiese broodmasjien resep gebruik wat soos volg is:
330 ml water
2 teelepels botter
2 teelepels sout
4 koppies wit brood meel
2 teelepels suiker
2 teelepels mellkpoeier
1 ½ teelepel gis

Toe vervang ek die broodmeel helfte met koekmeel, maak my gis net 1 teelepel en vermeerder my water met 50 ml.
Volgens die menger gooi ek eers die water, toe die botter gevolg deur die meel en sout.
Dan die res met die gis laaste. Dit was ‘n 1,125kg broodjie.

Resep en foto:  Ida Bouwer