1

HEERLIKE STAMPMIELIE GEREG

tested

HEERLIKE STAMPMIELIE GEREG
Heerlike alternatief in die plek van pap.
500 ml stampmielies
7 ml sout
10 ml botter
1 pakkie spek gesnipper
250 g sampioene in skyfies gesny
250 ml mayonnaise
125 ml room
1 pakkies wituiesop
250 ml gerasperde cheddarkaas
vars gemaalde swartpeper na smaak
Week die stampmielies oornag in water. Dreineer en giet die mielies in ‘n kastrol. Voeg genoeg water by om dit te bedek en voeg ook die sout by. Kook tot gaar en dreineer. Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n oondvaste bak. Verhit die botter in ‘n pan en braai die spek en sampioene tot bruin. Meng die mayonnaise, room, soppoeier en kaas in ‘n groot mengbak. Voeg die stampmielies, spek en sampioene by en geur met peper. Skep die mengsel in die voorbereide bak en bak ongeveer 60 minute tot bruin bo-op

RESEP:  Karien Coetzee
1st FOTO:  Helvi Aisha Jiyane
2de Foto:  Jacqueline Walker  – I added green pepper and onions. My soup was mushroom soup and it was really divine