CHAKALAKA EN PAPVINGERS

CHAKALAKA EN PAPVINGERS
chakalaka:
250 ml canola olie
3-4 knoffelhuisies gekap
1 groot ui gekap
5 ml kerrie poeier of paar kerrieblare
2 rooi brandrissies ontpit en gekap
3 cm stuk gemmerwortel gerasper
5 tamaties grof gekap
1 groen en rooi soetrissie ontpit en in stukke gesny
2 groot wortels skoongeskraap en gerasper
1 blik (400 g) gebakte bone
Sout en peper na smaak
45 ml vars koljanderblare gekap
Verhit die olie en braai die knoffel en ui daarin tot sag. Voeg die kerrie by en verhit nog 2-3 min. Voeg brandrissies, gemmerwortel en tamaties by en verhit sowat 10 min tot dit begin stukkend kook. Voeg die soetrissies en wortels by en verhit nog 10 min. Roer die gebakte bone by, geur met sout en peper na smaak en verhit tot goed warm. Sprinkel die koljander oor. Skep in ‘n fles en bere minstens ‘n dag in die yskas sodat die geur kan ontwikkel.
Maak lekker stywe pap, druk vas in ‘n bakplaat en laat koud word, sny in vingers. Diep braai die papvingers in warm olie en bedien saam met die chakalaka sous.
Indien verkies kan jy die vingers in eier en krummels doop, laat staan in die yskas tot lekker koud en braai dan in diep olie.