BILTONGSOUS MET BLOUKAAS EN ROOM


BILTONGSOUS MET BLOUKAAS EN ROOM
Hierdie heerlikheid is baie ryk!
1 ui gekap
1 groen soetrissie gekap
2 koppies gekerfde biltong
2 koppies gekerfde baby marrow (broccoli of sampioene werk ook lekker)
1½ koppies room
3 eetlepels bloukaas – pas aan volgens smaak
1 skyf feta kaas – opsioneel
1 teelepel gemengde kruie

Braai uie, pepper, kruie en groente in bietjie olie tot sag. Voeg biltong by en braai vir nog so 5 min.Voeg kase by en braai tot gesmelt.
Voeg dan room by en laat prut. Proe en voeg nog kaas of geurmiddels by. Bedien as pasta sous of op gebakte aartappels-
Resep:  Mona Stevens