BASIL SLAAISOUS
1 ½ koppie vars basil blare
12 knoffel huisies gekerf
½ koppie olie, ek gebruik canola olie, maar jy kan olyf olie gebruik
2 koppies water
3 koppies mayonnaise ( cross and blackwell)
2 teelepels sout
3 teelepels suiker
Swart peper
bietjie asyn
Sit alles in ‘n versapper en versap! Die resep maak redelik baie, so jy kan dit maklik halfveer.
Sout, peper en suiker kan jy aanpas na smaak!
Ek giet dit in botteltjies, dit hou baie goed in die yskas.
Heerlik oor slaaie en gebruik dit ook oor pasta
Resep en foto: Tanya Rossouw