AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS

AARTAPPELS VIR BRAAIVLEIS
1 kg baba aartappeltjies, skoon gewas
1 groot ui gehalveer, geskil en fyn gekap
25 ml matige kerriepoeier
1 brandrissie ontpit en gekap
15 ml fyngekapte vars gemmerwortel
125 ml wynasyn
25 ml olie
2 knoffelhuisies, gekneus fyngemaak
5 ml borrie
3 suurlemoen- of lourierblare
30 ml goue stroop
125 ml aftreksel
AFRONDING:
100 ml grof gekapte koljanderblare, opsioneel

Skep die aartappeltjies in ‘n kastrol, bedek met kraanwater, geur met sout, verhit tot kookpunt en kook vir 10 min.
Bedek en laat 5 min staan.
Verhit intussen die olie in ‘n grootkastrol en voeg die uie en knoffel by.
Roerbraai vir 2 – 3min.
Strooi die kerrie, borrie, brandrissie, suurlemoenblare en gemmer oor.
Voeg die gouestroop, asyn en aftreksel by.
Verhit tot kookpunt en prut vir 2 min.
Dreineer die aartappels en skep in die kastrol met die sous.
Strooi die koljanderblare oor en sit voor met braaivleis.