AARTAPPELKAASKOEKIES

AARTAPPELKOEKIES PEGGYtestedaartappel kaaskoekies
AARTAPPELKAASKOEKIES
3 aartappels, geskil
1 ui
1 eier, geklits
30 ml koekmeel
sout en peper na smaak
5 ml bakpoeier
125 ml gerasperde Cheddarkaas
10 ml gekapte pietersielie
olie om in te braai

Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeel, sout, peper en bakpoeier by. Roer die kaas en pietersielie by. Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante. Dreineer dit op kombuispapier.
Resep:  Peggy Devine
1ste foto:  Lorraine Weitz Brand
Foto: 2 de Adam Cloete