SANDWICH SPREAD – TOEBROODJIESMEER
3 wortels
1 groot ui
1 groot komkommer
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
1 groen soetrissie
Bruin asyn (genoeg om die groentemengsel te bedek)
Mayonnaise na smaak (maak die mengsel net lekker nat met dit) Continue reading
RYK SJOKOLADEKOEK
RYK SJOKOLADEKOEK
My vriendin Salomé, het eendag hierdie koek by die werk geëet en die resep in die hande gekry. Dit is ‘n maklike koek wat nie baie skottelgoed maak nie en in ‘n plat bak gebak word. Geen koekpanne en versiersel en wat nog nie. Ryk en romerig.
Smelt saam en laat effens afkoel:
220 g botter
½ koppie kakao
1 teelepel koffiepoeier
1 koppie kookwater
Klits saam:
2 eiers
1 ½ kop suiker
Voeg die kakao- en kookwatermengsel by die eiermengsel en roer goed saam. Continue reading
FLOPVRYE KERSKOEK
FLOPVRYE KERSKOEK
Ook bekend as die “Never fail Christmas cake”.
Food Lovers Market se vrugtekoekmengsel kan gebruik word in plaas van die sultanas, korente, skil en rosyntjies.
Kook die volgende saam vir 20 minute oor lae hitte:
500 g botter of margarien
2 koppies korente
2 teelepel koeksoda
2 teelepel kaneel
2 koppies suiker
2 koppies rosyne
2 koppies sultanas
2 teelepels gemmer
½ teelepel neutmuskaat
2 koppies water Continue reading
WORTELKOEKKONFYT
WORTELKOEKKONFYT
1.5 kg wortels geskil en gerasper
1.5 kg pere geskil en blokkies gesny
2 groot pynappels geskil en fyn gemaal
½ teelepel sout
125 ml suurlemoensap
1 eetlepel vanilla
½ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel kaneel
8 koppies witsuiker
4 koppies bruinsuiker Continue reading
WILDEBEES KASTAIINGS
WILDEBEES KASTAIINGS
Stroop:
375 ml suiker
250 ml water
suurlemoensap na smaak
Kook al die stroopbestanddele saam en plaas eenkant.
Deeg:
500 ml koekmeel
2 hoogvol teelepels bakpoeier
sout
125 g egte botter, uitgebraai vir ghee.
Sif die droë bestanddele saam en vryf 3 teelepels ghee daarin,houresvandiegheeeenkant. Continue reading
RYS IN DIE OOND
RYS IN DIE OOND
Maak perfek gekookte rys in die oond.
Rys gekook in die oond kook eweredig, sodat jy nie met verbrande rys tot aan die onderkant van jou pot sal eindig nie. U kan bruin rys of wit rys gebruik met hierdie tegniek.
‘n Nederlandse oond is ‘n goeie keuse. Maar jy kan ook ‘n vlak bakkie of pan met ‘n deksel gebruik, solank beide pot en deksel veilig is vir beide stooftop en oond.
As jy nie ‘n pot met ‘n deksel het nie, kan jy ‘n bakkie bedek, dit moet net styf pas en goed werk. Met kookgerei is ‘n deursigtige pot perfek, want jy kan in ‘n oogopslag vertel hoeveel vloeistof in die pot gelaat word. As die deksel stoom verloor of verwyder word, sal dit baie langer neem om dit weer op temperatuur te bring en die rys gekook kry. As jy gelukkig is (dws jy het ‘n goeie oondlig en ‘n skoon oondvenster), kan jy dit nagaan sonder om eers die oonddeur oop te maak. Continue reading
POEDING LEKKER PATATS
POEDING LEKKER PATATS
Patats wat amper proe soos poeding.
WAARSKUWING: Maak genoeg dit gaan vinnig opgeëet word.
Kook patats tot halfgaar met bietjie water.
Giet die water af.
Sprinkel donker bruinsuiker en klontjies botter met bietjie stroop of heuning (ek verkies heuning, dit is nie so erg soet nie) oor die patats en bring weer tot kookpunt.
Voeg ‘n bietjie melk en ongeveer ¼ – ½ teelepel koeksoda by afhangende van hoeveel patats en prut verder. Dit maak ‘n skuimsous in die begin wat dan afkook tot ‘n lekker sous.
Resep: Tersia Brink
GLISERIEN VERSIERSEL EN VULSELS
GLISERIEN VERSIERSEL EN VULSELS
125 g sagte botter/margarien
1 koppie versiersuiker, gesif
1 eiergeel
2.5 ml gliserien
75 ml kakao
Meng al die bestanddele saam en smeer op een koekie en plaas die ander koekie bo-op.
Resep geplaas: Gillian Kruger Vermeulen Continue reading
SKILFERKORSDEEG IDEES
SKILFERKORSDEEG IDEES
Neem een rol skilferkors deeg en rol oop.
Kies 1 van die volgende idees en smeer nou van die volgende bestanddele oor die deeg en rol op. Plaas in die yskas vir ‘n half uur. Haal uit sny in skywe en plaas op gesmeerde bakplaat en bak by 200 ºC tot gaar, ongeveer 20 – 30 minute.
Idees:
1.
1 sakkie opgekapte olywe
1 sakkie gegeurde gedroogte tamaties
1 sakkie groenpesto
gekapte rooi en groen soetrissies
Feta kaas
2 koppies gerasperde kaas.
Smeer oor uitgerolde deeg, plaas in yskas vir ‘n halfuur, sny in skywe en plaas op gespuite bakplaat en bak. Continue reading
WENKE VIR AARTAPPELS EN BESSIES
WENKE VIR AARTAPPELS EN BESSIES
Ek het so pas ‘n wenk gelees wat ek nog nie vantevore van gehoor het nie:
Om aartappels langer vars te hou, bêre in donker plek saam met appels. Die appels gee ethylene gas af. Dis ‘n gas wat groei en ontwikkeling van plante reguleer.
Om bessies langer vars te hou, spoel af in ‘n mengsel van 1 deel asyn tot 3 dele water. Spoel daarna af in vars water, dreineer goed en bêre in yskas.
Wenke: Petro Borchard